ZBI: WAARDETOEVOEGING en WELVAARTSKEPPING

 

Die Zululand Besigheids Instituut se bestuur het hulself ten doel gestel om waarde toe te voeg tot besigheid in uMhlatuze en die gemeenskap wat hul dien. Baie besigheidseienaars vra wat is in dit vir my wanneer hulle genooi word om deel te word van die sakekamer. Oorweeg die volgende :-

1) Gemeenskapsbetrokkenheid
Aangesien die sakekamer ’n verantwoordelikheid het teenoor die gemeenskap, identifiseer ons jaarliks organisasies wat hulp nodig het. Van u lidmaatskapsgeld sal dan aangewend word om die organisasies te help deur of fondse te skenk of kundige inligting te gee.

2) Nuusbriewe
Ons het ’n kwartaalikse nuusbrief wat uitgestuur word aan alle lede wat u op hoogte sal hou van alle gebeurtenisse in die sakekamer. Ons stuur ook nuusbriewe uit wat ons ontvang van die AHI nationale kantoor. Lede is welkom om inligting van belang aan redaksie te stuur vir gebruik in nuusbrief. Ons stel ook lede bekend in die nuusbrief.

3) Bemark jou besigheid
Ons bemark ook u besigheid met behulp van die nuusbrief en inligting wat ons aan lede stuur.

4) Besigheid van die jaar kompetisie
Die Zululand Besigheids Instituut bied jaarliks ’n besigheids en ’n sakepersoon kompetisie aan. Al wat u moet doen is om ’n opbetaalde lid van die sakekamer te wees. Daar word ook ’n prys uitgegee vir die gelukkige wenner wat sy of haar besigheidskaart by ’n vergadering in die houer gooi. Die wenners word by ’n funksie aangewys waarna alle lede uitgenooi word.. Die wenners kom in aanmerking vir die provinsiale kompetisie en ook die nationale kompetisie.

5) Regerings Verteenwoordiging
As lid word u ook verteenwoordig by die nationale regering, die provinsiale regering en die plaaslike regering. U kan ook u mening lig by ons plaaslike ledevergaderings.

6) Arbeid
Hulp is beskikbaar indien u arbeids probleme ondervind. Die sakekamer is ook geaffilieer by die AHI se Werkgewers Organisasie. Ons bied ook kursusse aan vir ons lede om u te help om arbeidsprobleme te voorkom.

Copyright © 2014. All Rights Reserved.